June 11, 2016
Hermanus-Kalfiefees

Schalk Bezuidenhout Lewendig

Met die 2015 Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar (KKNK), die 2015 Comics Choice Award vir Best Intermediate Comedian, asook optredes saam met Trevor Noah, is ’n vertoning deur hierdie opwindende 23-jarige skerpskertser ’n moet-sien. As aanbieder van die program Die Kliek op die DStv-kanaal Via is Schalk ook deesdae ’n bekende op die kassie en jy sien hom binnekort in ’n splinternuwe reeks op kykNET. Sy Afrikaanse komedievertonings het vanjaar behoorlik begin posvat met optredes by onder meer die kykNET Fiëstas, Woordfees, KKNK en Innibos. Schalk steek graag die draak met alles van verhoudings tot skolerugby, Afrikaanse radio en […]
June 23, 2015
Kalfiefees-Hermanus

My briljante egskeiding (Komedie)

Dit was ‘n bietjie vreemd toe Manie van sy besigheidstrippie terugkeer en sy tas eerder in-as uitpak.  Voordat Engela van Tonder-Strydom besef wat aangaan, verdwyn hy deur die voordeur en uit haar lewe.  Eers later hoor sy van Rosa, die kaktusbloeiseltjie wat Manie op sy besigheidstrippie ontmoet het.  En dinge verander.  Geraldine Aron se wêreldtreffer uit die stal van Lyf, Die Naaimasjien en Shirley Valentyn. met Anthea Thompson Teks – Geraldine Aron Regie –  Hennie van Greunen Ma 8 Aug 20:00 en Di 9 Aug 10:00 De Wetsaal 110 min R90  
June 23, 2015
Kalfiefees-Hermanus

Klein Jakkalsies (Komedie)

Julle ontmoet, raak smoorverlief, raak verloof en maak reg vir ‘n idilliese lewe.  Die eerste drie jaar is een lang wittebrood, tot die voordeurklokkie lui en ‘n gros klein jakkalsies ongenooid opdaag.  Dinge begin jeuk en krap en spoedig is die huweliksvlammetjie in fase drie beurtkrag.  Getroudes sal die jakkalsies herken.  Indien jy daaraan dink om te trou, sal die komedie jou baie goed voorberei. met Diaan Lawrenson en Jody Abrahams Regie – Leon Kruger Sa 6 Aug 20:00 en Son 7 Aug 10:00 Burgersentrum 70 min R110 Geen  o/14
June 23, 2015
Kalfiefees-Hermanus

Die Kaap is weer Holms (Komedie)

Een vrou, hope stories, bietjie heimwee, baie lag.  Marion Holm wag nie vir ander om haar Kaap Hollands te maak nie, sy maak sommer self haar Kaap Holms Teks – Chris Vorster en Marion Holm Vr 5 Aug 20:00 en Sa 6 Aug 10:00 De Wetsaal 75 min R90