June 13, 2016
Hermanus-Kalfiefees

Besprekingsprogram

Die spreker tydens die Hermanus Times Kalfiefees 2016 besprekingsprogram is Dr. Frans Cronje, hoofuitvoerende beampte van Die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudinge (IRV). Die program vind plaas op Vrydag 5 Aug 2016 om 09:00 in die Overstrand Munisipale Ouditorium. Die IRV is die leier op die gebied van vryemarkdenke en die tuiste van ’n ondersoekspan wat tendense ondersoek vir verskeie  beleidsrigtings. Die IRV is die grootste onafhanklike verskaffer van inligting en navorsing rakende die gebied via hul sentrum vir risiko navorsing en is ook bekend vir ’n wye verskeidenheid van publikasies op hierdie gebied. Dr. Cronjé is o.a. die outeur van […]
June 13, 2016
Hermanus-Kalfiefees

Vrouedagviering

Damesoggend Vir die soveelste jaar bied ons weer die gewilde damesoggend van pret, plesier en bederf aan! Kom geniet die heerlikste kos en kom verlustig hou in die borrelende geselskap van Elsabe Daneel saam met die gewilde musiek van Emile Minnie terwyl jy die pragtige natuurskoon van die Overberg romdom jou kan waardeer. Sat 6 Aug  –  10:00 Harbour Rock Restaurant 120 min R180
June 12, 2016
Hermanus-Kalfiefees

DANS – “Into our Wonderland”

(Dans en musiek) Vanjaar gee ons ons plaaslike Danssentrum geleentheid om saam met ons Kalfiefees te vier.  Die Skool, wat deur Marina Rautenbach bestuur word, bestaan uit dansers van alle ouderdomme.  Aan die einde van elke jaar kry ouers en belanstellendes die kans om na die jaar se harde werk, in die vorm van ‘n opvoering, te kom kyk.  Dit is dus vir ons ‘n voorreg om verlede jaar se vertoning “Into our Wonderland” op die Kalfiefees verhoog aan te bied.  Kaartjies is by die deur beskikbaar. Di 9 Aug 10:00 Sandbaaisaal 60 min R80
June 11, 2016
Hermanus-Kalfiefees

Schalk Bezuidenhout Lewendig

Met die 2015 Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar (KKNK), die 2015 Comics Choice Award vir Best Intermediate Comedian, asook optredes saam met Trevor Noah, is ’n vertoning deur hierdie opwindende 23-jarige skerpskertser ’n moet-sien. As aanbieder van die program Die Kliek op die DStv-kanaal Via is Schalk ook deesdae ’n bekende op die kassie en jy sien hom binnekort in ’n splinternuwe reeks op kykNET. Sy Afrikaanse komedievertonings het vanjaar behoorlik begin posvat met optredes by onder meer die kykNET Fiëstas, Woordfees, KKNK en Innibos. Schalk steek graag die draak met alles van verhoudings tot skolerugby, Afrikaanse radio en […]