June 12, 2016
Hermanus-Kalfiefees

DANS – “Into our Wonderland”

(Dans en musiek) Vanjaar gee ons ons plaaslike Danssentrum geleentheid om saam met ons Kalfiefees te vier.  Die Skool, wat deur Marina Rautenbach bestuur word, bestaan uit dansers van alle ouderdomme.  Aan die einde van elke jaar kry ouers en belanstellendes die kans om na die jaar se harde werk, in die vorm van ‘n opvoering, te kom kyk.  Dit is dus vir ons ‘n voorreg om verlede jaar se vertoning “Into our Wonderland” op die Kalfiefees verhoog aan te bied.  Kaartjies is by die deur beskikbaar. Di 9 Aug 10:00 Sandbaaisaal 60 min R80
June 18, 2015
Kalfiefees-Hermanus

Gala-aand (openingsaand) met Anna Davel in Jazz Up!

Dit is met trots dat ons Kalfiefees 2016 met die bekende en gewilde sangeres, Anna Davel, tydens ‘n luisterryke Kaas-en-Wyn Gala-aand, kan open! Hierdie kunstenaar met die warm, fluweelstem is geen onbekende op Kunstefeeste nie.  Met die verskeidenheid van musiek wat sy na die verhoog bring is hierdie ‘n geleentheid om nie te mis nie! Jazz Up! –  ‘n vertoning saamgestel uit splinternuwe verwerkings van Anna se gunsteling musiek van die vorige eeu. Sy het liedjies gekies wat oor alle grense heen beweeg en sing jazzmusiek van oor die wêreld; Swing Standards, Latino ritmes, Blues en nuwe Jazz verwerkings van […]
June 18, 2015
CH2_Guitar_duo

CH2

Die bekende kitaarduo CH2 met Leon Gropp en Corneille Hattingh spog al met twee SAMA toekennings.  Van hulle nuutste musiek is ook al gebruik deur internasionale sportsterre, soos die Italiaanse figuurskaatser, Valentina Marchei tydens die Winter Olimpiese Spele van 2014.  Hierdie duo het ook as wêreldwye wenners van die Flamenco / Klassieke tydens die “Lee Ritenour Ses-snaar Teorie Internasionale Kitaar Kompetisie” weggestap. Hierdie duo is bekend vir die wye verskeidenheid van musiek wat hulle op die verhoog aanbied – van pragtige Afrikaanse ballades tot hoogs tegniese klassieke musiek.  ‘n Produksie van die hoogste gehalte! Ma 8 Aug 12:30 Burgersentrum 60 […]
June 17, 2015
Kalfiefees-Hermanus

Tygerberg Kinderkoor (Musiek)

Waar hierdie wêreld bekende Kinderkoor ookal optree word hulle net altyd met lof besing.  Vir Kalfiefees 2016 is dit ‘n besondere voorreg om hulle ook na die Overberg streek te bring sodat meer mense aan hierdie hoogs talentvolle klompie kinders, onder die bekwame leiding van Hennie en Theresa Loock, bekend gestel kan word.  As deelnemers en wenners van verskeie wêreldwye koorkompetisies het hulle eintlik weinig bekendstelling nodig. Sa 6 Aug 14:30 NG Kerk Gemeentesentrum, Onrusrivier 70 min R90