Kuiertent

Kom kuier saam in die kuiertent

KOM KUIER SAAM IN DIE KUIERTENT

Soos verlede jaar is die hart van die Kalfiefees weer by die De Wetsaal in Onrus in 'n kuiertent wat geborg word deur Pick & Pay Hermanus. Al storm  en sous dit buite soos dikwels gedurende die Kalfiefees, het ons n toe tent met verwarmers binne, so die tent sal staande, droog en warm wees. Binne in die tent is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie opraak nie en tee en koffie sal aanhoudend prut.

Heerlike verskeidenheid van eetgoed sal die innerlike kan versterk. En aan die naburige inwoners, (en kunstenaars wat in die De Wetsaal optree) wil ons net sê daar sal nie uitbundige harde musiek tot laataand wees nie….net ‘n rustige atmosfeer met strelende klanke. (Maar mens weet nooit…) Die Kalfiefeeskantoor is ook binne-in die tent, en onthou, wie ookal van die Kalfiefeeskomitee die tafel beman, sal ook raad, inligting en aanwysings kan gee. Kaartjies vir alle vertonings kan gedoen word by Computicket in die Checkerssentrum, maar sal ook beskikbaar wees by die kuiertent  gedurende die feesnaweek.  

Kaartjies kan ook ‘n uur voor die tyd van alle vertonings by die venue-deur gekoop word maar moet dit eerder nie waag nie tensy jy moet, die kans is groot dat jy nie plek gaan kry nie.

 

Wildekrans Rotary MTB Adventure

Scheduled to take place for the very first time on Sunday 7 August, this event will form part of the programme of the very popular annual Kalfiefees in Hermanus. It is organised and managed by the Rotary Club of Hermanus in conjunction with the well-known Bot River wine estate, Wildekrans. All proceeds will go towards supporting the numerous charitable projects of the club.

The aim is to offer mountain biking enthusiasts a non-competitive ride with a not-too-challenging 35 km track, magnificent scenery and loads of fun. Two separate kids’ rides of 5 km and 10km respectively will give the youngsters an opportunity to show off their skills. This event promises lots of entertainment for the whole family – an adventure not to be missed!

Further details on how to enter for the race as well as registration fees will be available soon.