Met die 2015 Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar (KKNK), die 2015 Comics Choice Award vir Best Intermediate Comedian, asook optredes saam met Trevor Noah, is ’n vertoning deur hierdie opwindende 23-jarige skerpskertser ’n moet-sien. As aanbieder van die program Die Kliek op die DStv-kanaal Via is Schalk ook deesdae ’n bekende op die kassie en jy sien hom binnekort in ’n splinternuwe reeks op kykNET. Sy Afrikaanse komedievertonings het vanjaar behoorlik begin posvat met optredes by onder meer die kykNET Fiëstas, Woordfees, KKNK en Innibos. Schalk steek graag die draak met alles van verhoudings tot skolerugby, Afrikaanse radio en […]