Kinderopvoerings

June 13, 2016
Hermanus-Kalfiefees

Tjiff en Tjaff (Kinders)

Die karakters van die gewilde kinderreeks, Tjiff & Tjaff, kom kuier! Die liewe groen outjies was al op baie uitstappies en nooi almal om deel  te word van hul avonture. Hulle is ook mal oor speletjies en verrassings, waarvan daar ‘n paar is. Kom kuier saam met Tjiff en Tjaff en hul maatjie Mimi en vind uit wat die avontuurlustige span beplan. met Kika Smit, Dean van der Ventel en Isak van Zyl Ma 8 Aug 11:00 NG Kerk Gemeentesentrum, Onrusrivier 45 min R50
June 12, 2015
Hermanus-Kalfiefees

Spekkies en die Drie Varkies (Kinders)

Spekkies Is ‘n eekhoring met towerkragte wat hom groter en lewensgroot kan maak.  In die toneelstuk help hy die drie varkies van die  bekende sprokie om een tree voor Dolf die Wolf te bly. Dolf het nare planne met die varkies wat elkeen besig is om hul eie huis te bou. met Dean van der Ventel, Karli Heine, Isak van Zyl en Stephanie Badenhorst. Teks en regie –  Gaerin Hauptfleisch Ma 8 Aug 16:00 NG Kerk Gemeentesentrum, Onrusrivier 60 min R50