Kalfiefees-Hermanus
Gala-aand (openingsaand) met Anna Davel in Jazz Up!
June 18, 2015
Hermanus-Kalfiefees
Beste Kalfiefees-ondersteuners
June 19, 2015

Welkom Kalfiefees Vriende

Kalfiefees-Hermanus

Vanjaar is die sestiende jaar wat die Hermanus Times Kalfiefees aangebied word. Ons vier die aankoms van ons Walviskalfies in die maand wat ons opdra aan die vrouens in ons lewe.

Om aan te haal uit “Die Vrou” van Elizabeth Eybers-“Somer en Herfs en Winter,trek in wye onafgebroke wisseling deur die land, maar sy bly draer van die Lente, want liefde het haar verhef bo die getye”

Daar kan uitgesien word na hoogstaande gehalte van dramas, komedie, musiek en kinderproduksies. Die gereelde besprekingsprogram en vrouedagaanbieding sal soos gewoonlik vining opgeraap word.

Die fees kan nie bestaan sonder u ons getroue feesvriende, die kunstenaars en veral ons lojale borge, wat dit moontlik maak dat die Kalfiefees aangebied word teen bekostigbare kaartjiepryse.

Die hart van ons fees is ons kuiertent langs die De Wetsaal. Kom kuier saam en vier die fees met iets om tee eet en te drink en om ou en nuwe vriende weer te ontmoet.

Op n treuriger noot wil ons die fees ook opdra aan een van die stigterslede van die Kalfiefees wat ons ontval het-Willie Smit. Rus in vrede.

Laastens, ons klein komitee wat die Kalfiefees beplan en bymekaar bring met entoesiasme en ywer-julle is elkeen n STER!

Sien julle by die Kalfiefees.

Jimmy Hattingh
Voorsitter Kalfiefees