Wildekrans Rotary MTB Adventure

Hermanus-Kalfiefees
Beautiful, Beautiful Hymns (Musiek)
June 17, 2015
Kalfiefees-Hermanus
Universiteit van Stellenbosch Simfonie-Orkes
June 17, 2015

Wildekrans Rotary MTB Adventure

Hermanus-Kalfiefees

Inskrywings kan by www.racetec.co.za gedoen word. Deelnemers kan ook Saterdag 6 Augustus 2016 registreer by die Kalfiefeestent in Onrus tussen 08:00 en 12:30 en ook die oggend van 7 Augustus 2016 by Wildekrans vanaf 06:00 die oggend.

Die eerste Kalfiefees Wildekrans-Rotary MTB Adventure vind plaas op Sondag 7 Augustus 2016. Dit word georganiseer deur die Rotary Klub van Hermanus in samewerking met die welbekende Wildekrans Estate in Botrivier. Die opbrengs van die geleentheid sal uitsluitlik gebruik word vir die verdere ondersteuning van die liefdadigheidsorganisasies wat deur die Rotary Klub van Hermanus ondersteun word.

Die doel van hierdie aktiwiteit is om ’n nie- te-mededingende bergfietsgeleentheid van 35 kilometer vir entoesiaste aan te bied. Die roete is ’n unieke roete op Wildekrans wat ’n ongelooflike pad deur die pragtige omgewing sal neem. Sekere dele van die roete is pasgemaak vir hierdie geleentheid en sal vir die eerste keer gebruik word.

Twee verdere roetes van onderskeidelik 5km en 10 km word vir kinders aangebied sodat die jongelinge en ander familielede ook hulle vaardighede kan kom toets. Die geleentheid beloof hope vermaak en opwinding vir die hele gesin.

Om deel te neem, skakel  Johan 083 626 3081 of (028) 316 4667