Julle ontmoet, raak smoorverlief, raak verloof en maak reg vir ‘n idilliese lewe. Die eerste drie jaar is een lang wittebrood, tot die voordeurklokkie lui en ‘n gros klein jakkalsies ongenooid opdaag. Dinge begin jeuk en krap en spoedig is die huweliksvlammetjie in fase drie beurtkrag. Getroudes sal die jakkalsies herken. Indien jy daaraan dink om te trou, sal die komedie jou baie goed voorberei.
met Diaan Lawrenson en Jody Abrahams
Regie – Leon Kruger
Sa 6 Aug 20:00 en Son 7 Aug 10:00
Burgersentrum
70 min
R110
Geen o/14