Dit was ‘n bietjie vreemd toe Manie van sy besigheidstrippie terugkeer en sy tas eerder in-as uitpak. Voordat Engela van Tonder-Strydom besef wat aangaan, verdwyn hy deur die voordeur en uit haar lewe. Eers later hoor sy van Rosa, die kaktusbloeiseltjie wat Manie op sy besigheidstrippie ontmoet het. En dinge verander. Geraldine Aron se wêreldtreffer uit die stal van Lyf, Die Naaimasjien en Shirley Valentyn.
met Anthea Thompson
Teks – Geraldine Aron
Regie – Hennie van Greunen
Ma 8 Aug 20:00 en Di 9 Aug 10:00
De Wetsaal
110 min
R90