Beste Kalfiefees-ondersteuners

Kalfiefees-Hermanus
Welkom Kalfiefees Vriende
June 19, 2015
Kalfiefees-Hermanus
#dowwedolla
June 23, 2015

Beste Kalfiefees-ondersteuners

Hermanus-Kalfiefees

Ek heet julle hartlik welkom by die 2016 Kalfiefees. Die fees is ongetwyfeld ’n hoogtepunt op die kalender van teater-, kuns- en musiek-entoesiaste, en vier vanjaar reeds sy sestiende bestaansjaar. Die vol program, vanaf 4 tot 9 Augustus, bied ’n skatkis van vermaak-juwele vir oud en jonk van gees.

Die feesweek begin op ’n hoë noot met die pragtige fluweelstem van Anna Davel, die gaskunstenaar by die Gala-openingsaand met haar produksie genaamd Jazz-up. Dan is daar nog sangers soos Lize Beekman, Joshua na die Reën en Snotkop om na uit te sien, sowel as die wonderlike stemme van die Tygerberg Kinderkoor . Wat teater betref is daar verskeie prima produksies met groot name in die bedryf wat telkemaal beïndruk. Verblydend ook is die nuwe werke met opkomende verhoogakteurs.

Die Overstrand Munisipaliteit is daartoe verbind om hulp te verleen in die verdere ontwikkeling van dié dinamiese sektor – veral gegewe die geweldige waarde wat dit tot die ekonomiese groei en sosiale integrasie van ons mooi gebied toevoeg.

My dank aan die organiseerders, mede-borge, sake-eienaars, die gemeenskap en almal wat betrokke is om weereens vanjaar top-vermaak te verseker.

Ons sien uit na die vertonings en hoop u geniet dit.

Coenie Groenewald
Overstrand Munisipale-bestuurder