Gala-aand (openingsaand) met Anna Davel in Jazz Up!

CH2_Guitar_duo
CH2
June 18, 2015
Kalfiefees-Hermanus
Welkom Kalfiefees Vriende
June 19, 2015

Gala-aand (openingsaand) met Anna Davel in Jazz Up!

Kalfiefees-Hermanus

Dit is met trots dat ons Kalfiefees 2016 met die bekende en gewilde sangeres, Anna Davel, tydens ‘n luisterryke Kaas-en-Wyn Gala-aand, kan open! Hierdie kunstenaar met die warm, fluweelstem is geen onbekende op Kunstefeeste nie.  Met die verskeidenheid van musiek wat sy na die verhoog bring is hierdie ‘n geleentheid om nie te mis nie!

Jazz Up! –  ‘n vertoning saamgestel uit splinternuwe verwerkings van Anna se gunsteling musiek van die vorige eeu. Sy het liedjies gekies wat oor alle grense heen beweeg en sing jazzmusiek van oor die wêreld; Swing Standards, Latino ritmes, Blues en nuwe Jazz verwerkings van ‘n paar onverwagse bekendes. Liedjies waarna die gehoor kan uitsien is oa Nightingale sang in Berkeley square, The way you look tonight om maar ‘n paar te noem.

Do 4 Aug 19:00

Burgersentrum
80 min
R180

Booking_Button