Welkom by die Kalfiefees 2016

June 19, 2015
Hermanus-Kalfiefees

Beste Kalfiefees-ondersteuners

Ek heet julle hartlik welkom by die 2016 Kalfiefees. Die fees is ongetwyfeld ’n hoogtepunt op die kalender van teater-, kuns- en musiek-entoesiaste, en vier vanjaar reeds sy sestiende bestaansjaar. Die vol program, vanaf 4 tot 9 Augustus, bied ’n skatkis van vermaak-juwele vir oud en jonk van gees. Die feesweek begin op ’n hoë noot met die pragtige fluweelstem van Anna Davel, die gaskunstenaar by die Gala-openingsaand met haar produksie genaamd Jazz-up. Dan is daar nog sangers soos Lize Beekman, Joshua na die Reën en Snotkop om na uit te sien, sowel as die wonderlike stemme van die Tygerberg […]
June 19, 2015
Kalfiefees-Hermanus

Welkom Kalfiefees Vriende

Vanjaar is die sestiende jaar wat die Hermanus Times Kalfiefees aangebied word. Ons vier die aankoms van ons Walviskalfies in die maand wat ons opdra aan die vrouens in ons lewe. Om aan te haal uit “Die Vrou” van Elizabeth Eybers-“Somer en Herfs en Winter,trek in wye onafgebroke wisseling deur die land, maar sy bly draer van die Lente, want liefde het haar verhef bo die getye” Daar kan uitgesien word na hoogstaande gehalte van dramas, komedie, musiek en kinderproduksies. Die gereelde besprekingsprogram en vrouedagaanbieding sal soos gewoonlik vining opgeraap word. Die fees kan nie bestaan sonder u ons getroue […]
June 18, 2015
Kalfiefees-Hermanus

Gala-aand (openingsaand) met Anna Davel in Jazz Up!

Dit is met trots dat ons Kalfiefees 2016 met die bekende en gewilde sangeres, Anna Davel, tydens ‘n luisterryke Kaas-en-Wyn Gala-aand, kan open! Hierdie kunstenaar met die warm, fluweelstem is geen onbekende op Kunstefeeste nie.  Met die verskeidenheid van musiek wat sy na die verhoog bring is hierdie ‘n geleentheid om nie te mis nie! Jazz Up! –  ‘n vertoning saamgestel uit splinternuwe verwerkings van Anna se gunsteling musiek van die vorige eeu. Sy het liedjies gekies wat oor alle grense heen beweeg en sing jazzmusiek van oor die wêreld; Swing Standards, Latino ritmes, Blues en nuwe Jazz verwerkings van […]
June 17, 2015
Hermanus-Kalfiefees

Wildekrans Rotary MTB Adventure

Inskrywings kan by www.racetec.co.za gedoen word. Deelnemers kan ook Saterdag 6 Augustus 2016 registreer by die Kalfiefeestent in Onrus tussen 08:00 en 12:30 en ook die oggend van 7 Augustus 2016 by Wildekrans vanaf 06:00 die oggend. Die eerste Kalfiefees Wildekrans-Rotary MTB Adventure vind plaas op Sondag 7 Augustus 2016. Dit word georganiseer deur die Rotary Klub van Hermanus in samewerking met die welbekende Wildekrans Estate in Botrivier. Die opbrengs van die geleentheid sal uitsluitlik gebruik word vir die verdere ondersteuning van die liefdadigheidsorganisasies wat deur die Rotary Klub van Hermanus ondersteun word. Die doel van hierdie aktiwiteit is om […]